Inskrywings
Kenridge Pre-primêre Skool is ‘n onafhanklike skool wat geregistreer is by die Wes- Kaapse Onderwysdepartement. Ons bied gehalte onderrig aan voorskoolse leerders wat 6 word in hul Graad R jaar en 5 in hul Pre-Graad R jaar.
Voorkeur word verleen aan kinders wat in die volgende areas woonagtig is: Kenridge, Durbell, Durbanville Heuwels, De Bron, Doordekraal, Welgemoed Noord, Proteavallei, Kanonberg, Welgedacht, Van Riebeeckshof en Oude Westhof.
Ons sien uit daarna om u en u kind by ons skool te verwelkom en hoop dat ons reis saam ‘n gelukkige en produktiewe een sal wees. Ons nooi alle belangstellendes uit om ‘n skooltoer te bespreek (klik hier) om ons uitstekende fasiliteite te besigtig. Ons sien uit daarna om u te ontmoet.
2027 Pre-primêre Skool Inskrywings (Pre-Graad R & Graad R)
Die harde kopie van die Aansoekvorm kan by die Pre-primêre Skool Kenridge, weeksdae tussen 08:00 – 14:00, ingehandig word.
Let wel geen elektroniese afskrifte van die aansoekvorm sal aanvaar word nie.
Rig asseblief alle inskrywingsnavrae aan die Pre-primêre Skool by (021) 975 -1163 of aan Madelein Gravett (Inskrywings pre-primenrolments@kenridge.org.za)
