Kenridge Pre-primêre Skool is geleë in die lowerryke woonbuurt van Kenridge in Durbanville en bied dubbelmedium, kwaliteit onderrig aan Pre-Graad R en Graad R leerders .
Ons koesterende en toegewyde onderwysers skep ‘n warm, ondersteunende en veilige omgewing waarin elke kind die geleentheid gebied word om te floreer en hul potensiaal te ontsluit.
Ons is verbind tot die holistiese ontwikkeling van elke individuele kind en daarom stimuleer ons uiteenlopende spelgebaseerde dagprogram die sosiale, emosionele, fisiese sowel as akademiese ontwikkeling van die kind.
Soos Albert Einstein gesê het: “Play is the highest form of research.”